Dis heerlike lente 

Die lug is warmer, daar’s bloeisels aan die takke en ons sien met opgehoue asems uit na ’n see van kleurvolle boslelies wat vir ons sinoniem met die lente is. 

Die lente is hier  

Soos elke jaar hierdie tyd is die fynbos teen Simonsberg se hange ’n besondere gesig. Op die plaas is die jaarlikse snoei van die wingerde en vrugtebome nou agter die rug en in die tuin word die eerste ertjies en aspersies geoes. In die steenvrugblok is van die vroeë nektarienkultivars ook reeds ryp, en pryk dit vir die volgende paar weke saam met artisjokke en aarbeie op Babel Restaurant se lentespyskaart. 

Betowerende boslelies 

Ons inheemse boslelies groei doodgelukkig in die skadu van olienhoute en akkerbome. Teen die middel van September staan hierdie inheemse lelies in die blom – kom stap gerus al met die paadjie langs en bewonder die ongelooflike kleure. Onthou ook om deur die Pofadder-uitstaltonnel te loop – hier word ’n verskeidenheid uitsonderlike boslelies in potte uitgestal. 

Verder bied Babylonstoren se meesterbotanis Ernst van Jaarsveld ’n werkswinkel aan waar jy meer oor boslelies (ook bekend as clivias) te hore kan kom. En die weeklikse tuintoer na ons spesiale versamelings sal ook op boslelies fokus.  

Erfenis op die tong 

Met die oog op Erfenisdag het vier van ons plaas se voorste braaiers voor die braaivuur meegeding. Hou dus ’n ogie op ons sosialemediakanale waar ons heerlike idees vir Braaidag sal deel: gevulde vis, lamsvleis en ons nuwe Speseryhuis-halloumi op ’n stokkie. Verder help ons jou ook om met minder moeite tuis te onthaal met Babylonstoren se waterbuffelmelktert, Hertzoggie-gelato en ’n lipleklekker variasie op ’n braaibroodjie. Ons weet dit almal: braai is ons erfenis, en braaibroodjies is in ons bloed. Koop al dié lekkernye by shop.babylonstoren.com.  

Kom geniet eg Suid-Afrikaanse gasvryheid by Babylonstoren se unieke Karnivooraande. Elke meesterlike vleissnit word op die kole gaargemaak en by lang tafels bedien waar gaste met die allerbeste bederf word terwyl trekklavierklanke die sintuie streel. 

Vir diegene wat nog altyd wou leer hoe om self vleis te werk, bied Babel Restaurant se uitvoerende sjef, Schalk Vlok, ’n praktiese werkswinkel aan. Hy wys hoe tradisionele boerewors, droëwors en frikkadelle gemaak word, en ook hoe groente baie suksesvol en smaaklik op die kole gaargemaak kan word. 

Gesinspret  

Bring tydens die skoolvakansie jou hele gesin vir ’n dag vol pret na Soetmelksvlei. Daar is so baie om aan deel te neem – klim op ’n karretjie wat deur osse getrek word of kom speel in ’n lewensgroot pophuis. Vir ouers wat ’n ontspanne ete wil geniet terwyl hulle steeds ’n ogie oor hul kleintjies kan hou, is die Ou Stal Restaurant met sy buitespeelplek ideaal. Vanaf September is Soetmelksvlei Woensdae tot Sondae oop. 

Ons nooi avontuurlustige sewe- tot twaalfjariges uit na ’n visvangwerkswinkel. Eers word natuurlike materiale gebruik om self ’n visstok te maak en daarna word hulle by die plaasdam touwys gemaak. En wie weet, dalk kry hulle ’n vissie gevang!  

Met die warmer weer is daar ook meer geleentheid om buitekant pret te hê. Kom voer die donkies voor die Plaaswinkel, maak sports by Ou Brulparra en smul aan Babylonstoren se waterbuffelgelato by die Roomyskas. 

Nuwe toegangsgeld  

Vanaf 1 September  word die toegangsgeld vir dagbesoekers verhoog na R150 per persoon. Toegang vir kinders onder 18 is steeds gratis. Die toegangsgeld sluit ’n jaarlikse lidmaatskap in. Sodra dit geaktiveer is, gee die lidmaatskap ’n jaar se onbeperkte toegang tot Babylonstoren. ’n Dag op die plaas gaan so vinnig verby en daar is so baie om te doen – een van die redes hoekom Kfm se Best of the Cape Awards ons vir die tweede agtereenvolgende jaar as die Beste Wynplaaservaring aangewys het. Daaglikse begeleide tuintoere, Die Storie van Wyn-museum, uitstallings in die Pofadder en soveel meer is alles by die toegangsgeld ingesluit.  

So goed soos goud  

Ná die onlangse Aurora International Taste Challenge – die Olimpiese spele van die kosbedryf – het Babylonstoren nie minder nie as 14 medaljes huis toe gebring. Van ons produkte wat goud ontvang het, was waterbuffelmozzarella, bocconcini, jogurt en gelato. Ons Chianina-vleis, ekstra suiwer olyfolie, olywe en nie-alkoholiese aperitief, bitterlekker, het ook met die louere weggestap. En daar was twee dubbelgoudtoekennings, vir die waterbuffeljogurt en Frantoio ekstra suiwer olyfolie.  

“Ons is ontsettend trots op elke toekenning,” sê Ernst Kleynhans, Babylonstoren se bedryfsbestuurder. “Dit wys hoe toegewyd ons mense is om plaasprodukte van die allerhoogste gehalte te maak. Dis ongelooflik om erkenning te kry as een van die bedryf se leiers vir hierdie produkte.”  

Die volledige lys van Babylonstoren se goue wenners by die Aurora International Taste Challenge 2024 is soos volg:  

  • Babylonstoren Water Buffalo Yoghurt – dubbelgoud   
  • Babylonstoren Water Buffalo Mozzarella – goud  
  • Babylonstoren Water Buffalo Bocconcini – goud  
  • Blood Orange Gelato – goud  
  • Chocolate and Coffee Gelato – goud  
  • Almond and Dark Chocolate Gelato – goud  
  • Babylonstoren bitterlekker – goud  
  • Babylonstoren Chianina Bresaola – goud  
  • Babylonstoren Coriander Cured Ham – goud  
  • Babylonstoren Frantoio Extra Virgin Olive Oil – dubbelgoud  
  • Babylonstoren Coratina Extra Virgin Olive Oil – goud  
  • Babylonstoren Extra Virgin Olive Oil Blend – goud  
  • Babylonstoren Olives & Herbs in Brine (Whole) – goud  

Werkswinkels in September 

6 September – Everything’s better with butter: make butter & bake buttermilk rusks  

20 September – Bake your own: aniseed rusks & spice biscuits  

27 September – Traditional needlework: the basics of colourful quilting  

17 September – Spring decor from the garden  

4 September – Craft your own homemade soaps  

11 September – Grow your own seasonal vegetables  

12 September – Chef’s inspiration with spring asparagus and artichokes  

13 September – Master meat: traditional boerewors, droëwors & frikkadelle  

18 September – Encounter the colourful world of clivias and other indigenous bulbs  

19 September – Veg on fire! Get grilling with our Babel head chef  

25 September – Fishing on the farm: a family workshop for youngsters (workshop for kids aged 7–12)  

Bespreek jou plek hier: https://babylonstoren.com/workshops