Wat gebeur in April?
March 24th, 2026Ná ’n lang, warm somer is ons gereed vir die milder seisoen. Goudryp kwepers versier die tuin se heinings en blare begin dartel – soos derduisende reisigers wat hul onsigbare spore in die lug agterlaat.

Die groen wingerde verander geleidelik na skakerings van roes en oker, die wynoes is amper agter die rug en ons aandag skuif nou na die olyfboorde. Hierdie jaar se oes het reeds afgeskop met Maurino en Frantoio, wat binnekort gepars sal word, waarná die goue olie sy weg na ons elegante olyfblikke sal vind. Dis die ideale tyd vir ’n olyfolietoer om die hele proses – van die olyf tot in die blik – van naderby te sien.
In die tuin is die persimmons met hul diep oranje herfskleure die tuin se sterre. Hierdie vrug met sy milde soetheid is ’n welkome toevoeging tot die seisoen se disse. Sny dit op in ’n slaai, geniet dit saam met kaas of sommer so op sy eie – dis ’n sagte vrug met die geur van heuning en ideaal vir die koeler dae wat voorlê. Die tuinheinings is versier met wollerige, goue kwepers. Die koeler weer is ook ideaal vir ronddrentel – bring sommer die hele familie saam.

Kom soek paaseiers!
April se skoolvakansie en langnaweke is die ideale tyd vir ’n wonderlike luilekker dag op Soetmelksvlei. Die kinderspeelarea by die Ou Stal Restaurant is ’n interaktiewe ervaring, nes die lewensgroot Kaaps-Hollandse speelhuis. Hier waarborg ons ure se skermvrye pret.
Bring oor die paastyd sommer die hele familie saam Soetmelksvlei toe. By ons eiersoektog vir kleintjies (2–7 jaar oud) en die meer avontuurlike soektog vir ouer kinders (8–16 jaar oud) kan hulle na hartelus op die plaaswerf rondbaljaar.

As jy ’n dag in Babylonstoren se tuin beplan, kom wees deel van ons paaspret vir die hele familie. Deurkruis die tuin, soek goggas saam met ons insekkenners of verf eiers, en geniet daarna ’n ligte middagete in die Skaduhuis. Ons het beperkte plek, so bespreek asseblief vroegtydig.

Babylonstoren se paaseierpret is nie tot kinders beperk nie! Vir volwassenes het ons 30 goue paaseiers tussen ons sjokolade-eiers weggesteek. Vind ’n goue eier en wen ’n deel van R30 000 se aanlyngeskenkbewyse om na hartelus by shop.babylonstoren.com te gebruik. By ons aanlynwinkel is al jou gunstelinge bymekaar – van soet en sout lekkernye tot etes groot genoeg vir die hele gesin, asook uitsoekwyn en vele meer.

Verlekker jou in die seisoen
Aprilmaand se langnaweke en langer nagte maak ’n bespreking by die Plaashotel soveel meer aanloklik. Hier kan jy vroeg opstaan en op jou eie pas die plaas per fiets deurkruis, by die Wit Ateljee verbygaan vir ’n sielvolle strek en diep asemhaal, of ’n rustige alleen-oomblik geniet terwyl die kinders gaan paaseiers soek. Of geniet ’n ontspanne namiddag by ons spa (wat in Scape-tydskrif se eerste Gold Key-uitgawe vir uitsonderlike gasvryheid pryk).
As jy in April vier nagte bespreek, betaal jy slegs vir drie. Aanbod geldig tot 30 Augustus.

Babylonstoren se storiewêreld
In die nuutste episode van BabylonSTORIES vertel Babylonstoren se eie museoloog, Elsa Vogts, presies hoe daar te werk gegaan is om Babylonstoren se museumervarings te skep. Luister na ons vodsending op Spotify, YouTube of Apple Podcasts, met nuwe episodes elke maand.

Lenteskou op die Engelse platteland
Ons susterlandgoed, The Newt in Somerset, nooi plantentoesiaste en blommeliefhebbers van regoor die wêreld uit om hul heel eerste tuinskou by te woon. The Great Garden Show strek oor nege dae, van 9–17 Mei, op die landgoed. Elke dag se program sluit vermaak en heerlike kos in, en The Newt se eie tuindeskundiges sal ook praatjies, werkswinkels en demonstrasies aanbied. Met ’n geldige Babylonstoren-tuinlidmaatskap is toegang op 15 Mei gratis.

Werkswinkels in April
Met die skoolvakansie op ons drumpel is dit die ideale tyd om by een van ons werkswinkels ’n nuwe vaardigheid aan te leer. Ons het ’n hele verskeidenheid onderwerpe vir alle ouderdomme.
Babylonstoren
1 April – Autumn decor from the garden
2 April – Explore a bug’s life (kids aged 8–12)
7 April – Grow your own winter vegetables
9 April – Risotto 101: a celebration of our farm-grown rice
14 April – Explore the world of Babylonstoren’s olives
15 April – Combat garden pests, naturally
21 April – Discover the secret life of bees
22 April – Craft your own homemade soaps
28 April – Crafting kokedamas
29 April – Pasta from scratch
Soetmelksvlei
4 April – Blacksmithing: make your own braai fork
8 April – Family fun: Learn how to make sun prints
10 April – Master meat: all about venison & biltong
11 April – Bake your own savoury breads
11 April – Carpentry: craft a herb planter
16 April – Everything’s better with butter: make butter & bake buttermilk rusks
17 April – Bake your own pies: four ways with traditional butter pastry
18 April – Craft a wooden spoon and an iron ladle
23 April – Healing herbs: doepa with local finds
24 April – Pickle & preserve the season’s abundance
25 April – Leathercraft for beginners: make a belt
30 April – Bank on it! Seed saving and swopping