This image has an empty alt attribute; its file name is august-819x1024.jpg


In die Wynland ervaar ons een van die natste winters wat ons kan onthou – lanklaas was daar soveel water! Maar terwyl die reën steeds hard en deurdringend val, is die eerste bloeisels sowaar al besig om kop uit te steek. Die kaal takke van die vroeë steenvrugkultivars, soos sommige pruime en nektariens, is reeds in wit en pienk getooi. Kom stap gerus deur die tuin en bewonder hierdie feetjiemooi gesig van onder jou sambreel. Só ’n wandeling bring sommer nuwe lewenslus op grys winterdae. 

This image has an empty alt attribute; its file name is Blossoms-1024x683.jpg

Die bibberweer is nog lank nie agter die rug nie. En die goeie nuus? Ons het alles wat nodig is om jou warm en snoesig te hou. Kyk ’n bietjie na ons winterresepte, geïnspireer deur die koue seisoen se produkte.

Op die plaas is ons pas klaar met die jaarlikse bloedlemoenoes en daar is ’n oorvloed van hierdie geurige sitrusvrug. Ons het ’n hele rits bloedlemoenkultivars op die plaas en in die tuin, onder meer Moro en Tarocco, wat beide van Italiaanse oorsprong is.  

This image has an empty alt attribute; its file name is Blood-oranges-683x1024.jpg

Ons wag in spanning vir die eerste waterblommetjies – van hierdie Bolandse lekkerny kan ons eenvoudig nie genoeg kry nie. Babel se hoofsjef, Schalk Vlok, hou daarvan om met hierdie tradisionele winterkos te eksperimenteer – en sy nuutste is waterblommetjies oor die kole gebraai. Bespreek ’n tafel by Babel Restaurant en kom proe self. 

This image has an empty alt attribute; its file name is babel-1024x682.gif

Gedurende die kouer maande kraai fynbos koning. Helder pienk Burchell-proteas, delikate kapokbos (wilde roosmaryn) en bietou versier die hange van Simonsberg. As jy hierdie winter by die Plaashotel kom oornag, maak seker jy gaan op die namiddagrit teen die berg uit om die fynbos van naderby te bewonder.  

Boekenuus

Babylonstoren is meer as net ’n tipiese plaas in die Kaapse Wynland – dis ’n plek met besonderse mense en stories. Ons splinternuwe boek, Babylonstoren, vang hierdie essensie in pragtige formaat vas. Die leser word bekendgestel aan die slagter, die bakker, kaas- en roomysmaker asook aan die meestersnoeier, grondfundi en insektekundige.

Babylonstoren sal binnekort aanlyn te koop wees, met gratis aflewering landwyd.

Iets nuuts 

The Story of Emily, ’n interaktiewe, historiese ervaring wat die uitsonderlike en dapper lewe van Emily Hobhouse vier, is onlangs in haar familiehuis in St Ive, Cornwall oopgemaak. Lede van Babylonstoren kry gratis toegang tot The Story of Emily.  

Bly ’n bietjie langer … 

Babylonstoren het onlangs by Travel + Leisure 2024 World’s Best Awards die tweede plek op die Afrika-kontinent behaal. Bederf jouself en kom oornag by ons Plaashotel. Ideaal vir gesinne wat wil ontsnap van die lewe se gejaagdheid. En of ons hotelgaste douvoordag opstaan om by te wees as die waterbuffels die melkery binnestap, of eerder besluit om laat te lê – ons doen alles in ons vermoë om dit dié beste wegbreek te maak.  

Bly voor die einde van Augustus oor en kom om in aanmerking vir ons winteraanbod. Bespreek vir drie nagte en bly vir vier.

Sprankelende Sprankel   

Die Babylonstoren Cap Classique Sprankel 2018 het nóg ’n sterretjie bygekry. By die onlangse Concours Mondial de Bruxelles internasionale wynkompetisie het dit in ’n blinde proe goud verwerf. Die 2018-oesjaar is ook as Platter se beste Cap Classique vir 2024 aangewys. 

Danksy vier jaar op die gismoer het hierdie vonkelwyn botterkoekies en brioche op die palet saam met lewendige sitrus- en vars appelgeure. Die wyn is volrond maar toon terselfdertyd ’n vars suurheid.  

Perfeksie uit die olyfpers    

Soek jy ’n verskoning om van die grys winterweer te vergeet? Die nuwe olyfaanleg is nét die plek om dit te doen. Kom begewe jou in die wêreld van olywe: pars jou eie olie, maak jou eie versnit en kom proe ons heerlike olywe, olyfolies en tapenades. Kom beproef ook die beste pasmaats vir ons ekstra suiwer olyfolies.

This image has an empty alt attribute; its file name is DSC07022-1024x683.jpg