Dis somer in die Boland en dis bloedig warm. Op die plaas is dit ’n miernes van bedrywigheid met parstyd wat nou in volle swang is. Douvoordag is die oesspan reeds in die wingerde besig sodat die druiwe wat hulle pluk so gou as moontlik in die koel kelder kan kom. Dis hier waar die 2025-oesjaar oor die volgende maande sal begin vorm aanneem. 

In die hoogsomer oes ons ook amandels, turksvye en vye. Die kweektonnels loop oor van erfstuktamaties, eksotiese waatlemoene, komkommers en soetrissies. Ons somerkruie gedy in die tuin se warmte en versier die borde wat in ons plaasrestaurante bedien word. Hierdie jaar is ons opgewonde oor ’n ou bekende in ’n ongewone gedaante: blaarslaaibasiliekruid met sy geurige, groot, gekreukelde blare.  

In die Moestuin vertroetel die tuiniers hul pampoene met die grootste geduld en in die historiese tuin staan die vrolike sonneblomme met hul goudgeel gesigte immer na die son gedraai.  

Kaalvoetkaskenades 

Februarie is die ideale tyd om die wingerdoes eerstehands te ervaar. Bespreek ’n keldertoer om die hele proses – van die wingerd tot die kelder tot die glas – van naderby te beskou. Hierby ingesluit is ’n proe van ons pronkwyne, kospasmaats inkluis.  

Bespreek gerus ’n keldertoer

Op Soetmelksvlei kan mens letterlik ’n tree terug in die verlede gee: kom trap saam met ons druiwe soos dit voor die draai van die 19de eeu gedoen is. Voel die druiwekorrels tussen jou vingers voordat jy dit onder jou voete laat oopbars. Kaartjies vir Stomp the Harvest sluit ’n hele dag op Soetmelksvlei in sowel as ’n tradisionele oestydhappie. 

Bespreek nou

Die maand van liefde 

Laat die geure van Italië hierdie Valentynsdag jou hart verower: vlesige erfstuktamaties in ’n vars capreseslaai, vars pastadisse waaroor koudgeparste olyfolie mildelik gedrup is en wynglase propvol vino van Babylonstoren en ons susterlandgoed, Vignamaggio. Natuurlik sal daar ook iets wees om elke soettand tevrede te hou. Wees op die uitkyk vir ons eksklusiewe Valentynsaanbiedinge. 

As selfsorg en groter bewustheid hierdie jaar op jou agenda is, kom sluit gerus by ons aan vir ’n ontspanne sessie van strek en diep asemhaal. Stretch & Indulge word elke weeksdag om 08h00 deur ons plaas se eie yogi aangebied en ’n gesonde ontbyt by die Glaskas Restaurant is ook by die prys ingesluit.

Bespreking is noodsaaklik.

Plaaskuier 

Hoe klink ’n Wynlandwegbreek vir twee in die middel van die week? Bespreek tot en met 1 April twee nagte se verblyf by die Plaashotel en kry 20% afslag. Hierby ingesluit is ontbyt by Babel se oestafel. Jy kan ook kies uit aktiwiteite wat slegs vir hotelgaste aangebied word – van skemerkelkies teen die hange van Simonsberg tot ’n besoek aan ons trop vriendelike waterbuffels by Rietvlei.  

Salige samesyn 

Watter soort samekoms jy ook al beplan – ’n intieme kuier saam met jou naastes of dalk die viering van ’n groot mylpaal – maak dit ’n geleentheid om te onthou! By die Glaskas, Speseryhuis en Ou Bakkery bederf ons met graagte groepe van 13–25 gaste. Die spyskaarte verander saam met die seisoen en die smullekker disse word aan die tafel gedeel. Ons ontsien geen moeite om jou spesiale geleentheid nog meer besonders te maak nie. 

Doen navraag vir meer besonderhede.

Pampoenpret 

Met die oog op ons jaarlikse Pampoendag op Sondag, 1 Maart, is dit skouer aan die wiel vir ons tuiniers (alias pampoenpamperlangers) in die Moestuin. Bring die hele familie saam vir pampoenpret uit die boonste rakke – van pampoenkerf en pampoenkegelbal tot ’n loofah-spa – en vele meer. Maak seker jy kry elke stempel op jou pampoenpaspoort! 

Workshops in February

Babylonstoren 

4 February – Compost 101: Let’s get down and dirty 

10 February – Follow the aroma of fragrant garden roses 

11 February – Discover & grow cycads 

17 February – Join us for healing herbal tea 

18 February – Inside scoop: the secrets to buffalo mozzarella and gelato 

24 February – Taste of summer: fabulous figs

25 February – Discover the secret life of bees 

27 February – Pampoenpret (in Afrikaans) 

28 February – Pumpkin fun (in English) 

Soetmelksvlei 

5 February – Pulp fiction: creative papermaking 

6 February – Bake your own: teatime treats with choux pastries & almonds 

7 February – Learn the art of bookbinding

7 February  – Blacksmithing workshop: Make your own braai fork

13 February – Say it with chocolate & cake: bake your own Valentine’s Day treats 

14 February – Make a wooden milk stool

19 February – Master meringues and macarons 

20 February – Fig feast: bake a fig tart

21 February – Craft a wooden spoon and an iron ladle

26 February – Cape cookery: traditional melktert, melkkos & koesisters

27 February – Traditional needlework: the basics of colourful quilting

28 February – Advanced leathercraft: make a leather handbag