Met goud bekroon en die wêreld se top tien behaal by die 2025 Syrah du Monde-kompetisie.

In vino veritas

Winter op die plaas is ’n tyd om stil te staan by die seisoen – om die ou weg te snoei, nuut te beplan en die vrugte van vroeëre arbeid te geniet. Nêrens is dit meer waar as in die kelder nie, waar maande se harde werk tydens en ná oestyd stilweg in die bottel gestalte aanneem. 

Ons is trots op iedere wyn wat ons maak, maar wanneer onafhanklike kundiges die lof van ons wyne besing, bring dit ekstra groot vreugde. By die onlangse Syrah du Monde-kompetisie in Frankryk is bevestig wat ons reeds lankal weet: ons Shiraz is wêreldklas! Nie net is die 2022 Shiraz met goud bekroon nie, maar dit het ook die top tien ter wêreld gehaal. Dis ’n veertjie in die hoed van ons toegewyde wingerd- en kelderspan. 

Ons goue gunsteling – die 2019 Sprankel – is ook met goud beloon by die Global Sparkling Masters 2025, ’n gesogte geleentheid in Londen waar alle wyne blind geproe word.  

  Koop hier

Waterblommetjies word in die plaasdam geoes.

Die winter se skatte 

Op die plaas is die seisoen se eerste waterblommetjie-oes net mooi betyds ingebring om saam te val met die winter se eerste ysige weer. Daar is maar min wat kan kers vashou by waterblommetjiebredie op ’n koue Kaapse wintersdag. Ons sien uit na ’n lang bredieseisoen – hou gerus die Plaaswinkel se rakke dop. 

In die broodboomtuin is hierdie oerplante nou besig met dié deel van hul lewensiklus wat hul as keëldraers definieer – die keëls begin nou sigbaar raak op die manlike sowel as die vroulike plante. As jy miskien onder die indruk was dat pynappels aan bome of bosse gedra word, is dit tyd dat jy in die Glaskas kom kyk presies wat gaan vir wat. 

Die winter is veel meer as grou lug en kaal takke. In die tuin is daar oral tekens van lewe en ons kleurvolle blomkool, radicchio, wortels, vinkelbolle, kohlrabi, rape en blaargroente bewys dat die winter alles behalwe vaal is. En as die plaas te ver is vir jou om self jou dosis vars vitamien C  te kom haal, bestel gerus aanlyn. Ons boksies is propvol gepak, ideaal vir versapping, inlê of konfyt en vrugtestroop maak. 

Koop hier

Die jaarlikse rotsuitstalling in die Pofadder-tonnel.

Rotsmusiek

Die rotsuitstalling in die Pofadder-tonnel herinner ons daaraan dat daar soms lewe in die mees onwaarskynlike plekke en vorms is. Net agter die Skaduhuis, links van die Welwitschia-tuin, staan ons klipklavier. Hierdie dolerietrotsghong is ’n voorbeeld van een van die mensdom se eerste musiekinstrumente.  

Ysterklip (ook bekend as doleriet) resoneer wanneer dit met ’n kleiner klip gekap word, so kom speel jou eie deuntjie! ’n Kleiner weergawe hiervan het besoekers by die onlangse RHS Chelsea Blommeskou in Londen gaande gehad. 

Bespreek ‘n tuintoer

Kom groei saam met die plante.

Heeltyd speeltyd

In Julie bied Babylonstoren ’n klompie praktiese werkswinkels aan wat spesiaal op die kleinspan gemik is. Bring hulle om buite rond te jakker, te ontdek en te leer. Daar is tuinmaakwerkswinkels waar hulle kan leer hoe om hul eie groentetuin aan die gang te kry of hoe om vetplantsteggies te maak. Nog ’n opsie is ’n sensoriese tuintoer saam met ons eie yogi, Carel Cloete. Kom geniet saam met jou kind ’n dag van ontdekking, strekke, rustige asemhaling en balans in die tuin.  
 
Kindervriendelike werkswinkels is gemik op ses- tot twaalfjariges en ’n ouer moet teenwoordig wees.

Bespreek nou

Die warmspa by Babylonstoren

Stoom en skrop die koue weg 

In die winter het jou vel so ’n bietjie ekstra liefde nodig. Bederf jouself by ons warmspa – ideaal vir pamperlang en vir stil raak. Kom lê agteroor in ’n bruispoel terwyl die kaggel vrolik knetter of haal diep en rustig asem in die stoomkamer. En kom skud dan die laaste greintjie winterweemoed af in die Rasul-kamer of met ’n waterbehandeling in die hammam.  

Bespreek nou

Die winter is ‘n wonderlike tyd om op die plaas te kom kuier.

Warm winteraanbiedinge 

Oornag plus spa. Bespreek twee nagte se verblyf by die Plaashotel en ontvang ’n gratis spabehandeling van 30 minute per persoon. Geldig tot die einde van Julie.  

Oornag plus aandete. Bespreek twee nagte se verblyf en ontvang ’n geskenkbewys vir aandete ter waarde van R500 per persoon. Geldig tot die einde van Augustus.  

Bespreek nou

Terwyl jy hier is

Kom geniet ’n jolige, vullende, uiters smaaklike aandete by die Ou Bakkery.   

Hoe klink ’n private piekniek in die ongerepte natuur? By ons Bergpoel kan jy boonop in die yskoue, verfrissende bergwater plons.  

Stap, fietsry, strek, roei, visvang. Of kom raak stil en verwonder jou aan die perfekte harmonie. 

Bespreek hier

Babylonstoren se wintertye   

Met die son wat vroeg sak, het Babylonstoren oorgeskakel na die winterskedule. Die plaas se hekke maak in die winter elke dag om 09h00 oop en sluit 17h00.

‘n Italiaanse feesmaal by die Ou Bakkery.

LET WEL – In Juniemaand het Babel Restaurant die volgende openingstye:    

Maandae – Babel gesluit; Italiaanse Aand in die Ou Bakkery  

Dinsdae – Babel Restaurant oop  

Woensdae – Babel gesluit; Karnivooraand in die Ou Bakkery   

Donderdae – Babel Restaurant oop   

Vrydae – Babel gesluit; Italiaanse Aand in die Ou Bakkery  

Saterdae – Babel Restaurant oop   

Sondae – Babel gesluit; Karnivooraand in die Ou Bakkery   

Bespreek n tafel

Werkswinkels op die plaas

Babylonstoren 

1 Julie – Craft your own homemade soap   

2 Julie – Family fun: grow your own veggies (kinders 6–12)    

9 Julie – Family fun: grow your own succulents from scratch (kinders 6–12)  

15 Julie – Family fun: move & breathe in the garden (kinders 6–12)     

16 Julie – Build your own garden structures    

23 Julie – The magical world of mushrooms   

30 Julie – Create beautiful tree shapes with espalier   

Soetmelksvlei 

3 Julie – Traditional handcraft: colour crocheting   

4 Julie – Everything’s better with butter: butter & buttermilk rusks   

11 Julie – Cape food: preserve seasonal guavas   

18 Julie – Cape food: farm-style loaves with seasonal marmalade   

19 Julie – Learn the art of bookbinding    

24 Julie – Master meat: all about venison & biltong   

25 Julie – Cape Food: traditional bobotie & guava chutney   

Bespreek nou