Wat gebeur in Junie?
May 27th, 2025
Winterwysheid
Hierdie jaar was die herfs lank, maar ons het elke goue oomblik daarvan gekoester. En nou is dit tyd vir Moeder Natuur om ’n periode van rus in te gaan. Ons sien uit daarna om die natter seisoen aan te durf, baie bewus daarvan dat ’n boer se hart natuurlik swel namate sy damvlakke styg. Hier by ons bestaan mos ook niks soos slegte weer nie – net die verkeerde klere. So pluk jou reënstewels aan, gryp ’n sambreel en kom ontdek die winterskoonheid in ons tuin – van ons espalierbome se kaal afgeëtste takke tot die helder rooi vruggies van die inheemse noem-noem (Carissa macrocarpa).

ie sitrusseisoen is ’n spesiale tyd op die plaas. Ons kweek meer as 30 verskillende kultivars. Eerste aan die beurt is heerlike Nules-nartjies, lemoene en pomelo’s. In die komende maande sal die aanlynwinkel boksies pak wat oorloop van die winter se oorvloed: Valencia- en bitter Seville-lemoene, sitroene, koemkwats, lemmetjies, bloedlemoene en nog meer. Kry solank die inmaakflessies gereed!
Franse seep vir Pa
Vadersdag is om die draai, en ons het nét die geskenk vir hom. Tradisionele Marseilles-seep (onder andere ook een aan ’n tou) van die voorste Franse seephuis, Marius Fabre, is in Suid-Afrika slegs by Babylonstoren te koop. As jou pa net so baie op eenvoud ingestel is as ons hier by Babylonstoren, dan het ons ’n hele paar geskenke ideaal vir hom. Bederf hom met ons heerlike koffie (op die plaas gerooster), uithalerwyne, biltong en plaasbeskuit. Of as hy eerder ’n praktiese ou is, wat van braaigereedskap of ’n leersakkie wat toerol om sy kombuismesse te bêre.

Houtwerkpret vir pa’s en kinders
Hop op ’n skaafperd vir ’n onvergeetlike pa-en-kind-ervaring: ’n werkswinkel waarvoor jy geen houtwerkondervinding nodig het nie, aangebied by Soetmelksvlei se Werkswinkel. Kom kuier gerus op dié pragtige plaaswerf waar dit nog min of meer lyk soos in die laat 1800’s.
Kaartjies sluit die volgende in: die rit vanaf Babylonstoren, toegang tot Soetmelksvlei, die werkswinkel self, verversings asook heilsame huiskos by die Ou Stalle Restaurant. En natuurlik die eindproduk – ’n pragtige selfgemaakte melkstoeltjie!

Ek wou nog altyd …
Of dit nou vir jouself of vir ’n geliefde is – om ’n ervaring as geskenk te ontvang is soms veel beter as ’n opgemaakte pakkie waarvan die inhoud binnekort vergete is. En daar is geen beter tyd as nou nie. Die winter is die ideale seisoen vir absorbeer, nadink en groei – teen jou eie pas. By Babylonstoren en Soetmelksvlei se werkswinkels deel kundiges hul kennis met liefde. Wou jy nog altyd natuurlike seep maak? Of jou eie biltong? Nou toe! Daar is iets vir elkeen op ons werkswinkelskedule.

Nuus in die wynkelder
Babylonstoren se Wynklublede ontvang eersdaags Sement Steen 2024 as deel van hul aflewering. Hierdie wyn is in klein hoeveelhede gemaak van chenin blanc wat met die hand geoes en in Nomblot-sementeiers verouder is, sonder enige houtkontak. Die resultaat was ’n vrugtige wyn met volronde mondgevoel, indrukwekkende struktuur en talmende kompleksiteit. (Psst! ’n Wynklubintekening is natuurlik ook ’n uitstekende Vadersdaggeskenk vir enige wynliefhebber.)

In Junie stel ons ook die 2023-oesjaar van ons Bordeaux-versnit, Nebukadnesar, bekend. Vars, sappig en so sag soos fluweel – hierdie pronkwyn is nét die een vir Pa. En die beste pasmaat? ’n Dag saam met Pa op die plaas! Bespreek ’n keldertoer na die ondergrondse proelokaal, gevolg deur ’n tafel in Babel Restaurant – net die beste is goed genoeg vir hom.
Bespreek nou https://babylonstoren.com/tasting-cellar
Burberry x The Newt in Somerset
Dis nie asof mens na redes hoef te soek om by The Newt in Somerset te gaan besoek aflê nie. Maar hierdie somer word Hadspen House boonop in Burberry getooi! ’n Spesiale Burberry-ruitpatroon in ons susterlandgoed se kenmerkende groen sal orals kop uitsteek – van komberse en waterbottels tot dekstoele. Kom oornag tussen Junie en Augustus vir twee of meer nagte om die heel beste van The Newt te ervaar, en kry op die koop toe ook ’n skeutjie Burberry.

Ons bederf jou met ’n gratis nag
Die trae wintersonnetjie gee mens die geleentheid om soggens bietjie later onder die vere te lê. Nog soveel beter as dit in Babylonstoren se Plaashotel is waar jy wakker word.
Bespreek vier nagte se verblyf voor die einde van Augustus en betaal vir slegs drie.

Terwyl jy hier is
Kom geniet ’n jolige, vullende, uiters smaaklike aandete by die Ou Bakkery.
Hoe klink ’n private piekniek in die ongerepte natuur? By ons Bergpoel kan jy boonop in die yskoue, verfrissende bergwater plons.
Stap, fietsry, strek, roei, visvang. Of kom raak stil en verwonder jou aan die perfekte harmonie.
Babylonstoren se wintertye
Met die son wat al hoe vroeër sak, het Babylonstoren nou oorgeskakel na die winterskedule. Die plaas se hekke maak in die winter elke dag om 09h00 oop en sluit 17h00.

LET WEL: In Juniemaand het Babel Restaurant die volgende openingstye:
Maandae – Babel gesluit; Italiaanse Aand in die Ou Bakkery
Dinsdae – Babel Restaurant oop
Woensdae – Babel gesluit; Karnivooraand in die Ou Bakkery
Donderdae – Babel Restaurant oop
Vrydae – Babel gesluit; Italiaanse Aand in die Ou Bakkery
Saterdae – Babel Restaurant oop
Sondae – Babel gesluit; Karnivooraand in die Ou Bakkery
Werkswinkels in Junie
Babylonstoren
3 June – Break bread with our master baker
4 June – Winter gems: citrus in the garden
10 June – Inside scoop: water buffalo mozzarella and gelato
11 June – Craft your own homemade soap
17 June – Garden with indigenous trees
18 June – Compost 101: Let’s get down and dirty
25 June – Indoor gardening: bringing succulents into your home
26 June – All about eggs: from coop to table
Soetmelksvlei
5 June – Master meat: all about venison & biltong
6 June – Bake your own: butter & buttermilk scones
13 June – Bake with citrus & spice
19 June – Hey Brew! Fruit & flower cordials & bush teas
20 June – Chocolate & cake: bake your own treats
27 June – Hands-on kids: bake & ice farm animal biscuits