Ons klink glasies op 15 jaar! 

Dit is hierdie maand presies 15 jaar gelede wat ons die eerste gaste in ons tuin verwelkom het. Vyftien seisoene van plant, versorg en deel. Met elke jaar wat verbygegaan het, het die plaas meer en meer floreer, en so ook ons gemeenskap. Ons sê baie dankie dat jy deel van hierdie mooi verhaal is en nooi jou om dié mylpaal saam met ons te vier. 

Hoera vir Tuindag  

Ons tuin is jou tuin – en dit geld enige dag van die jaar, maar veral op Tuindag. Skop uit jou skoene, vergeet van als wat pla en kom vier alles wat geil groei op Sondag, 12 Oktober. Besoekers kan op die plaas ’n blomkroon vleg of hul eie saambring. Kom wandel op die plaaswerf en geniet heerlike happies en drankies by die verskillende proestasies – alles ingesluit by die toegangsfooi. 

Besoekers aan die tuin kan ’n blomkroon op die plaas vleg of hul eie saambring. Stap deur die werf en geniet elke slukkie en happie van die proe-stasies – alles reeds ingesluit by jou toegangsgeld. 

Sluit die dag met ’n begeleide tuintoer en oestafel by sonsondergang af (bespreking vir Sunset Celebration is noodsaaklik). 

Skryf in vir ons Tuindag-selfiekompetisie op Instagram en Facebook en kry die kans om ’n geskenkbewys ter waarde van R3000 by ons aanlynwinkel te wen. Plaas jou gelukkigste Tuindag-selfie wat op die plaas geneem is, noem @babylonstoren en gebruik #babylonstorengardenday om in te skryf. Inskrywings sluit om middernag op Tuindag. 

Vier fees met Mourvèdre Rosé 

Oktober is sinoniem met rose en, op Babylonstoren, ook met rosé. Kom klink gerus glasies met ons geliefde Mourvèdre Rosé – dalk is dit jou gelukkige dag. Koop ses bottels Babylonstoren Mourvèdre Rosé by ons Proelokaal vir die kans om ’n geskenkbewys ter waarde van R15 000 by ons aanlynwinkel te wen. Hou ons sosiale media dop – ons sal heel maand lank saam met vriende van die plaas, ver en naby, ’n glasie deel. 

Neem die kleinspan terug na 1896! 

Smag jy na ’n skermvrye dag saam met jou kinders? By Soetmelksvlei is daar soveel om te doen. Terwyl ouers die Ou Kelder en Plaashuis besoek, kan kinders na hartelus rondhardloop, verken of bak en brou – ’n dag om nog lank te onthou. Daar is tydens die skoolvakansie twee lekker werkswinkels wat op kinders gemik is: hulle kan kom soetkoekies bak of leer om sondrukke te maak.  

Buiten die plaas se gewone dagtake soos koeie melk, room afskei, diere versorg en meel maal  kan kinders tydens die vakansie ook kom vlieërs maak, met leer werk of op ’n skattejag gaan. Ons is elke dag van die skoolvakansie oop – ideaal vir nuuskierige agies. 

Hoogtepunte in die tuin 

Ons boslelies stel nooit teleur nie! Elke lente is dit asof die kleurvolle clivias ons nog meer verstom as die vorige jaar – kom kyk gerus langs die stroompie en ook in die Pofadder-uitstaltonnel. Dis ook tyd vir ons macadamiabome om met hul sagte pienk bloeisels te spog. Hulle blom net vir ’n week of so, so maak seker jy kom kyk betyds by die Glaskas. ’n Hele klomp ander vrugtebome lewer ook ’n bydrae tot ons bloeiselparadys – persimmons, granate, appels, pere, druiwe, vye, suurlemoene en vla-appels staan almal in die blom. En die eerste groenvye is gereed om by ’n werkswinkel op Soetmelksvlei ingemaak te word – kom sit gerus handjie by. 

In die tuin is die lukwarte en eerste perskes ’n teken dat die somer se oorvloed om die draai lê. Die Welwitschia-rotstuin staan en bak reeds in die son se hitte – die winterreënjas is gebêre tot volgende jaar. Stap mens so ’n entjie verder tot verby die klipklavier, kan jy ons land se onderskeie vetplantstreke in die Oewertuin verken. 

Nuwe geure vir jou huis

Moeder Natuur bly die beste parfumeerder! Kom kuier in die Geurkamer en maak kennis met ons nuutste reeks. Die Tuinier-versameling bestaan uit Botanical Beet, Herb Garden en Summer Heirloom – drie lewendige, vars geure, geanker in die vrugbare grond van ons tuin. Dit bring ons tuin se geure tot in jou binnekamer. 

Goud vir ons olies  

Ons is opgewonde oor die vier goue medaljes waarmee ons ekstra suiwer olyfolie in September by die SA Olive Oil Awards beloon is. Bespreek ’n olyfolietoer en -proe en kom meer te wete oor die eeue oue kuns van oes, pars en inmaak. Jy sal nie spyt wees nie.  

Italiaanse asyn in die Boland 

Op 1 Oktober bied ons keldermeester en balsamasynekspert, Klaas Stoffberg, ’n spesiale werkwsinkel aan. Hier lap hy al die geheime van hierdie kosbare vloeistof uit. Oktober is ook die maand vir die jaarlikse oortap van ons gesogte twaalf jaar oue Balsamico Tradizionale di Modena – raar in Suid-Afrika. 

Hierdie asyn word gemaak van ingevoerde lambrusco- en trebbiano-druiwe wat in tradisionele Italiaanse vaatjies verouder is voordat dit hier in die Boland gebottel word. Uit die kleinste vaatjie word daar elke jaar net ’n handjievol 100 ml bottels gevul – ’n ware versamelaarsitem. 

Appeldag by The Newt 

Van 18–19 Oktober word daar by The Newt in Engeland met appels feesgevier – van appelsap pars en speletjies in die appelboord tot uitstallings, resepte, proeë en trekkertoere. As jy in die omgewing is, kom geniet gerus die musiek, spyskaarte wat spesifiek op appels fokus, ’n lekker braai met die landgoed se eie vleis en groente – en ’n oorvloed appels in elke moontlike vorm en kleur. 

https://thenewtinsomerset.com/event/apple-day/

’n Gezoem agter die Moestuin 

Ons besige bye is op hul pos en baljaar tussen die lentebloeisels. Maar daar is meer as net ’n gezoem rondom die korwe – agter die Moestuin is iets heeltemal nuuts besig om vorm aan te neem om hulde te bring aan ons tuin se belangrikste werkers … Ons deel een van die dae meer hieroor. 

Workshops on the farm

Babylonstoren 

01 Oct – Discover the secrets of traditional Italian Balsamic vinegar 

07 Oct – Garden Day: create your own flower crown (am & pm) 

08 Oct – The colourful world of clivias and other indigenous bulbs  

09 Oct – Garden Day: create your own flower crown (am & pm) 

15 Oct – Discover the secret life of bees 

21 Oct – Create a natural freshwater pond 

21 Oct – Craft your own homemade soap 

28 Oct – Explore the beautiful world of fynbos 

29 Oct – Grow your own summer vegetables 

Soetmelksvlei 

02 Oct – Traditional needlework: the basics of colourful quilting  

03 Oct – Hands-on kids: bake & ice your own farm animal biscuits (6–12 years)  

09 Oct – Family fun: make sun prints  

10 Oct – Everything’s better with butter: make butter & bake buttermilk rusks  

16 Oct – Cape food: seasonal green fig preserve  

17 Oct – Chocolate celebration: chocolate cake & treats  

23 Oct – Master meat: boerewors & droëwors  

24 Oct – Cake cookery: traditional melktert, melkkos & koesisters  

Book here