In Maartmaand is die oes steeds in volle swang, met soveel gewasse wat nou hul ideale rypheid bereik. Ons plomp pampoene steel die kollig terwyl die laaste rooiwyndruiwe op pad is kelder toe. Binnekort sal die carnaroli-risottorys in ons rysveld goudgeel staan totdat dit hier teen die einde van Maart geoes word. En as die Maartlelelies in die tuin hul koppe begin uitsteek, dan weet ons die herts is net om die draai.

Maar dis nie net ons tuiniers en kelderspan wat heen en weer oor die plaas skarrel nie. ‘n Paar van Rietvlei se waterbuffels gaan deesdae op ‘n luilekker wandeling deur die tuin – kom kyk gerus Vrydae om 10h30 of jy hulle gewaar.

Pampoenpret

Hou die pampoenpaspoorte byderhand vir ‘n dag vol gesinspret! Ons jaarlikse Pampoendag vind weer op 1 Maart plaas. Ons het ‘n klomp lekker aktiwiteite beplan en natuurlik kan almal oudergewoonte aan pampoenlekkernye smul.

Kom besoek die pampoenuitstalling in die Pofadder en sorg dat jou kleinding se pampoenpaspoort ná elke aktiwiteit gestempel word – vyf of meer stempels beteken ‘n gratis gelato by die laaste stop!

Besoek die plaas weer en weer

Soetmelksvlei-besoekers word in Maart behoorlik bederf: die R200-pas vir Soetmelksvlei sal ook jaarlikse Babylonstoren-lidmaatskap ten waarde van R150 insluit. Dit beteken jy kan ‘n hele jaar lank weer en weer op Babylonstoren kom kuier!

Hierdie aanbod is slegs tussen 1 en 31 Maart 2026 geldig.

Maak Paasfees besonders

Hierdie Paasfees nooi ons jou om by ons tafel te kom aansit.

Dis ‘n plek waar liefde en aanvaarding hand aan hand gaan, met stylvolle dekor en smullekker disse. Kom geniet ons spesiale paaslekkernye: daar is Spikkels (‘n indrukwekkende sjokoladehen om oop te breek en te deel), droomlekker praline-happies en sjokolade-eiers (en wie weet, dalk is jý een van die 30 gelukkiges wat ‘n goue eier ontdek en so deel in R30 000 se aanlyngeskenkbewyse!). Ons het geurige paasbolletjies in nuwe gedaantes – van cruffins tot koekies – en ons paastafel is gedek met tydlose linne, breekgoed en glasware. Besoek shop.babylonstoren.com vir Babylonstoren se paasgeregte, watertandresepte en huisware. Onthou – ons lewer gratis af.

Ons nooi die hele familie uit om ons Paasskatte te kom ontdek. Kleintjes kan paaseiers soek, gesigte laat vert, sjokolade-eiers versier en selts aan ‘n bootresies deelneem. Dis die kans om spesiale oomblikke met jou geliefdes te deel wat nog lank onthou sal word. En by Soetmelkslvei kan kinders tussen 2 en 16 jaar van 3-6 April aan spesiale Paassoektogte deelneem …

As jy Paasfees heeltemal tot ruste wil kom, oorweeg gerus ‘n paar nagte op die plaas.

Bespreek twee nagte by Babylonstoren se Plaashotel (met verblyf tussen 16 Maart en 30 April) en kry 20% afslag. Gaste kan ‘n dag by Soetmelksvlei deurbring en heerlike oondvars paasbolletjies en vars gebroude koffie geniet. Bly vir drie of meer nagte oor en ons bederf jou verder met ‘n gratis tweegang-ete by Babel Restaurant.

Die seisoen se beste

Op 28 Maart is dit weer tyd vir Babylonstoren se Oestafel. Kom sit by ‘n feestelike langtafel aan en geniet saam met ons die herfs se oorvloed. Maak seker jy loop dit nie mis nie – dis die ideale kans vir ‘n onverstoorde, ontspanne kuier op die heel mooiste plek!

Berg of see? Altwee!

As jy nie kan kies nie, hoef jy nie! Gun jouself ‘n luukse wegbreek van vyf nagte – twee by Babylonstoren en drie by BLOU in Keurbooms.

Kom ervaar eers ware plaasgasvryheid in die hartjie van die Kaapse Wynland en daarna die Tuinroete se ongerepte kuslyn. Dis ‘n kans om te rus, te herlaai en weer met jouselt én die natuur in voeling te kom. Vervoer van en na die lughawe is ingesluit en private vlugte kan op versoek gereel word.

Luister saam

Dr. Ernst van Jaarsveld het geen bekendstelling nodig nie. Sy groot liefde vir plante en sy diep kennis van tuinmaak het ‘n hele generasie tuinentoesiaste geïnspireer. In die nutste episode van BabylonSTORIES kan jy luister na ons gesprek met hom en so jou eie inspirasie vind. Beskikbaar op Spotify, YouTube en Apple Podcasts, met nuwe episodes elke maand.

Workshops in March

Babylonstoren 

27 February – Pampoenpret (in Afrikaans) 
28 February – Pumpkin fun (in English) 

3 March – Unlock the diversity of indigenous succulents 

4 March – Farm brew: bean to cup coffee experience 

5 March – Risotto 101: a celebration of our farm-grown rice 

10 March – Capture the season’s scents with fragrant herbs 

17 March – Craft your own homemade soaps 

18 March – Naturally sweet: baking with honey 

19 March – Risotto 101: a celebration of our farm-grown rice & pumpkin 

25 March – Discover the secret life of bees 

26 March – Explore the world of Babylonstoren’s olives 

Soetmelksvlei 

5 March – Handcrafts at Soetmelksvlei: plant pressing 

6 March – Master meat: make boerewors & droëwors 

7 March – Blacksmithing: make your own braai fork 

12 March – Pickle & preserve the season’s abundance 

13 March – Heirloom tomatoes: bake your own galette with traditional butter pastry 

14 March – Easter delicacies: pickled fish & hot cross buns 

14 March – Craft a traditional wood & riempie stool 

20 March – Cape food: traditional bobotie with quince chutney 

21 March – Advanced leathercraft: make a leather handbag 

27 March – Perfectly pumpkin: a seasonal baking experience 

28 March – Make a wooden milk stool