Eerste tekens van lente 

Wat ’n vreugde om ons lentetuin te ervaar! Wanneer die vrugtebome – kersie, nektarien, appelkoos, peer en appel – oortrek is met delikate bloeisels, hang daar ’n lieflike soet geur in die lug. Ons sien uit na soet, sonryp vrugte later in die seisoen. En alhoewel die dae al effens langer is en die son sy kop meer dikwels uitsteek, het ons nog steeds rooiwynweer in die pragtige Boland.  

Shiraz-sterre  

Ons is hoogs in ons noppies dat ons Shiraz – ’n wyn waarop ons nog altyd baie trots was – in Augustus by die Shiraz SA-wyntoekennings in die Paarl dubbel en dwars beloon is.  Babylonstoren Shiraz 2022 het onder die Top 12 geëindig, terwyl Babel 2023 as een van die Top 5 shirazversnitte aangewys is. Veels geluk aan ons uitmuntende kelder- en wingerdspan! 

Met kleur en geur  

Aan die koskant het ons tuiniers, plaasspan en kokke ook meer as hul kant gebring en daarvoor gesorg dat Babylonstoren by die Aurora International Taste Challenge – die Olimpiese Spele van die voedselbedryf – nie minder nie as 13 toekennings ingepalm het. Die lys pryswenners is sommer lekker inspirasie vir ’n piekniek, peuselbord of braai. 

  • Babylonstoren Honey & Fig Leaf Gelato – dubbelgoud  
  • Babylonstoren Spiced Rooibos Gelato – dubbelgoud 
  • Babylonstoren Roasted & Salted Almonds – dubbelgoud 
  • Babylonstoren Kalamata & Anchovy Tapenade – dubbelgoud 
  • Babylonstoren Kalamata & Herb Tapenade – dubbelgoud 
  • Babylonstoren Boerewors – goud  
  • Babylonstoren Coppa – goud  
  • Babylonstoren Lochess Salami – goud  
  • Babylonstoren Honeybush – goud  
  • Babylonstoren Roasted & Salted Macadamias – goud  
  • Babylonstoren Roasted Macadamia Nut Butter – goud  
  • Babylonstoren Sundried Tomato Pesto – goud  
  • Babylonstoren Nocellara Olive Hummus – goud  

Smaaklike Erfenis  

Beplan jy ’n braai op Erfenisdag? Ons kampioenboerewors en die sappigste skaaptjops suid van die Namib is op die plaas en aanlyn beskikbaar. Met die oog op Erfenisdag sal die Ou Stal Restaurant op Soetmelksvlei tradisionele gunstelinge soos bobotie en gebraaide skaapstertjies, en nageregte soos sagopoeding en souskluitjies bedien. Dis die perfekte plek om te kom smul aan hartlike huiskos. Bonus: ry deur ’n see van pienk amandelbloeisels op pad soontoe. 

Bespreek Nou 

Boslelies in die laning 

Op ’n stappie langs die stroompie sal jy vanaf middel September met die seisoen se eerste boslelies beloon word. Volgens Brent Reid, ons bosleliekenner, is dit moeilik om te bepaal presies hoeveel tans in die tuin groei, maar daar is derduisende. Ons indrukwekkende versameling boslelies in potte sal ook weer in die Pofadder uitgestal word.  

Besoek die Tuin 

Spruite, spiese en (nog) sitrus 

Vanjaar se bloedlemoenoes was oorvloedig, maar ons is nog nie klaar met sitrus nie! Dis nou ons stroopsoet Tango-nartjies se beurt om jou vitamien C-vlak ’n hupstoot te gee. Terwyl ons die laaste van die waterblommetjies pluk, maak die eerste aspersies en artisjokke al amper hul verskyning – heerlik met net ’n klontjie gesmelte plaasbotter en vars suurlemoensap.  

In die moerbeiblok trek die klein vruggies voordeel uit die sonskyn – binnekort is hulle ook reg vir smul. En as jy die soetsuur smaak van ’n lukwart waardeer, kom geniet hierdie maand sommer een van die boom af. In die Glaskas plant ons in September aarbeie om dwarsdeur die warmer maande te geniet. Ons pluk ook nou vars lemmetjies, kerrieblare en sitroengras om jou soppe en kerries ekstra oemf te gee. 

Leer met die hand en oog 

Dis snoeityd op die plaas – bome, wingerde, heinings. Ons kreatiewe tuindekorspan spring in om die mooiste funksionele en dekoratiewe items vir huis en tuin uit die lote te vleg. Kom leer by ’n werkswinkel hoe om mandjies, tuinafskortings en ander versiersels uit tuinmateriaal te maak. Verkies jy beet bo vleis op die kole? Sluit aan by ons uitvoerende sjef, Schalk Vlok, vir braai-inspirasie met groente. Soetmelksvlei se werkswinkels fokus op tradisionele handwerk en kookkuns – kom hekel en knie rustig saam! As jy nog nie op hierdie 19de eeuse plaas was nie, is hierdie die ideale geleentheid om te kom inloer.  

Lees Meer

Werkswinkels op die plaas

Babylonstoren 

02 Sept – Grow your own spring vegetables 

03 Sept – Spring decor from the garden 

10 Sept – Encounter the beautiful world of fynbos 

17 Sept – Craft your own homemade soaps 

18 Sept – Taste of spring: asparagus & artichokes 

23 Sept – Discover the secret life of insects 

30 Sept – Broaden your gardening horizons with indigenous trees 

Soetmelksvlei 

04 Sept – Traditional handcrafts: colour crocheting 

05 Sept – Bake your own: make butter & buttermilk scones 

12 Sept – Bake your own pies: four ways with traditional butter pastry 

13 Sept – Make a wooden milk stool 

19 Sept – Berry feast: bake your own frangipane tart 

20 Sept – Learn the art of bookbinding 

25 Sept – Veg on fire! Get grilling with our Babel head chef 

26 Sept – Master meat: make your own salami  

Bespreek hierso