Pampoenpret

01 March 2024

’n Heerlike pampoenaffêre vir klein en groot.

R 250 per person.

Slegs 50 plekke beskikbaar (maksimum 2 kinders per 1 volwassene). Volwassenes moet ook ’n plek bespreek.

Vier pampoenfees saam met ons tuinspan – die kinders is mal hieroor! Kom saam op die skattejag: ons spring oor die reusepampoen en kruip tot binne-in die Slak, oortrek met kalbasse en goeters van allerhande groottes en vorms. In die Pofaddertonnel vertel ons jou meer van verskillende pampoensoorte: Turkse tulband, die plat wit ou boerpampoen, oranje Cinderella, heerlike goue hubbardpampoen, gespikkelde swaan, smullekker muskaat en natuurlik Halloween. Ouers sal hul kinders help om te sny, skep, kap en druk.

Ná al die harde werk steek ons ’n kersie binne-in die pampoen aan. Kom geniet na hartelus worsrolletjie en ’n smullekker roomys by die Glaskas Restaurant.

Nota: Omdat daar met skerp voorwerpe gewerk word, moet kinders deur ’n volwassene vergesel word. Maksimum twee kinders, tussen 5 en 10 jaar oud, per volwassene. Hierdie werkswinkel word in Afrikaans aangebied. Volwassenes moet ’n plek vir hulself bespreek en die toepaslike fooi betaal.