In Junie vier ons groot pa-energie en eer die vaderfigure in ons lewens – hulle wat lei, beskerm en hul kennis en wysheid mildelik deel.  

Boomkuns 

Die perfekte voorbeeld van so ’n man is Oom Anton Roux, meesterpomoloog en snoeikunstenaar, wat op ’n opgewekte 86 ons oudste spanlid is. Oor die jare heen het hy derduisende ure bestee om vrugtebome in allerhande interessante patrone en vorms te snoei, en terselfdertyd sy diepgaande kennis aan jonger generasies tuiniers oor te dra. 

Hierdie boompies, sommige met lote wat hartvormig gebuig en ander wat in geometriese patrone verweef is, dra volgrootte vrugte – die bewys dat sowel oorvloed as prag in die boom se DNS sit. Oom Anton se boomkuns sal in Junie vir die heel eerste keer in die Pofadder-uitstaltonnel te sien wees. Van sy miniatuurbome is ook by die Plaaswinkel beskikbaar. Vir enige tuinliefhebber is daar geen beter geskenk as so ’n lewendige, vrugdraende beeldhouwerk nie! 

Bederf hom tot in die afgrond 

Met Vadersdag kom die dilemma van geskenke soek vir pa’s wat eintlik niks kortkom nie. Maar dis die eenvoudige dinge in die lewe wat regtig saakmaak: ’n goeie glasie wyn, ’n lekker bord kos en iets om jou hande mee besig te hou.  

Kom plaas toe vir spesiale tyd saam met Pa en geniet Sondagmiddagete by een van ons plaasrestaurante, in die gesellige Proelokaal of sit aan vir ’n fees van hartlike huiskos uit vanmelewe se dae by Soetmelksvlei. 

Vir diegene wat verkies om by die huis te braai, beveel ons vleismeester, Jaco Koegelenberg, ’n uitsonderlike snit aan. Die Chianina-slagterbiefstuk is ’n uiters sagte, geurige snit en is in die Plaaswinkel beskikbaar, asook aanlyn in Kaapstad, Johannesburg en omgewing. 

Bespreek ’n Restaurant

Vir die whisky-connoisseur 

Daar is iets besonders vir elke tipe pa – die koffieliefhebber, soettand, tuinghoeroe, boekwurm, wynfundi of die versamelaar van gereedskap – van unieke enkelitems tot ons keurig saamgestelde geskenkpakke. 

En dan is daar die hoogtepunt: ’n whiskyvaatjie waarin hy sy eie vuurwater kan verouder. Ons het slegs 50 van hierdie vaatjies uit Amerikaanse eikehout met ’n kraantjie van vlekvrye staal en gevul met 3 liter dubbelgedistilleerde enkelgraanalkohol.  

Die binnekant is geskroei en verleen diep, warm note van vanielje, karamel en sagte speserye. Ná drie tot ses maande is dit gereed om te geniet en daarna kan dit dan keer op keer aangevul word. ’n Geskenk met statuur; potensieel ’n erfstuk. Slegs aanlyn beskikbaar in Kaapstad, Johannesburg en omliggende gebiede.  

Koop nou

Vars skatte uit die tuin en tonnels 

Die tuinspan het reeds met hul snoeiskêre ingespring en die bome se kaal takke staan soos kunswerke teen die grou winterlug afgeëts, terwyl ons suurlemoenboorde vir kleur en geur sorg ten spyte van die nat koue. 

Juniemaand kan ’n beproewing wees vir tamatieliefhebbers. Maar nie hierdie jaar nie. Alle oë is op ons kweektonnels waar Elzé Bresler en haar flukse span vir die eerste keer verskeie winterkultivars aangeplant het. Ons kan nie wag vir die interessante kleure nie – pers, geel, oranje en groen (maar snaaks genoeg nie rooi nie)! Jy kan dus nou heeljaar aan ferm, sappige, geurige erfstuktamaties smul. By die Plaaswinkel en aanlyn beskikbaar. 

Koop nou

Hiep, hiep, hoera vir die verjaarsdagperd 

Soetmelksvlei se pragtige Percheron-vulletjie, Cascade, het pas sy eerste verjaarsdag gevier. Dit was ’n donker, stormagtige nag toe die twee spierwit ouers, Simson en Delila, se pikswart baba die eerste lewenslig aanskou het. Intussen is sy pels aan die verkleur na ’n grys, tipies vir ’n Percheron van sy ouderdom.  

Wat egter minder gewoon is, is sy manier om skielik in te dommel – selfs terwyl hy aan die loop of eet is. Hy slaap letterlik waar en wanneer hy wil, soms tot konsternasie van die personeel en besoekers wat nie aan sy eienaardige slaapskedule gewoond is nie. Maar Cascade is bloot ’n groeiende seun met ’n besonderse insluimertalent – of dalk verstaan hy die stadige plaasritme net beter as enigiemand anders. 

Die seisoen se soirée 

Glip jou snoesigste uithangklere aan en kom sit op 27 Junie by die Oestafel aan. Hierdie kwartaallikse seisoensfees – waarvan die presiese ligging ’n verrassing is – sorg vir ’n meesterlike maal saam met wonderlike wyn en onoortreflike diens. Dis ’n intieme geleentheid waar meer as net die aptyt gestil word – dis Babylonstoren op sy heel beste. 

Ons herfsdinee by die Four Seasons Hotel The Westcliff in Johannesburg was ’n reusesukses, en die winterdinee op 25 Junie is reeds uitverkoop. Maak seker jy loop nie die lente-ete op 23 September mis nie – hierdie keer val die kollig op ons hemelse heuning. 

Bespreek Winteroestafel

Meer tyd op die plaas & strand 

By Babylonstoren is dit asof die tyd stilstaan. Bly vier nagte by ons Plaashotel en betaal vir slegs drie, met ’n ekstra dag om die waterbuffels te ontmoet, suurdeegbrood saam met ons meesterbakker Peachy te bak, by die Tuinspa te ontspan of bloot tevrede langs ’n gesellige kaggel te sit. Geldig tot 31 Augustus. 

Of bly twee nagte en ons gee jou ’n gratis aandete by Babel Restaurant of ’n spabehandeling van 30 minute. Want weg van alles en almal kan twee dae op die plaas maklik soos ’n week se vakansie voel. 

Ons suster aan die kus, BLOU in Keurbooms, is slegs beskikbaar vir gaste wat al voorheen by Babylonstoren of The Newt oornag het. Gaste wat drie nagte by BLOU bespreek, ontvang ’n gratis vierde nag – perfek vir walviskyk, dolfyne dophou of om die sout seelug te geniet met net mooi niks anders op die program nie.   

Of ervaar sowel berg as see met ons spesiale Berg-na-See-pakket wat vyf nagte vir twee persone insluit: twee nagte by Babylonstoren en drie nagte by BLOU in Keurbooms. Begin met gul plaasgasvryheid tussen die berge van die Kaapse Wynland en kry dan koers na die ongerepte kus van die Tuinroete waar vars seelug, stilte en behoorlike rus die enigste items op jou kalender is. Seisoenale tariewe geld.  

Bespreek Berg na See

Die lieflike Lae Lande 

Kom ervaar die polderlewe by Over-Amstel Boerderij, Babylonstoren se susterlandgoed aan die Amstel-rivier naby Amsterdam. Met respek vir die natuur, geskiedenis en kookkuns, is hierdie werkende plaas ’n tuiste vir koeie, skape, varke, hoenders, ’n florerende tuin, kaasmakery en restaurant. Kom te voet, te fiets of per boot en ontmoet die diere, kyk hoe die kaasmeester haar van haar taak kwyt en sit aan by ’n tafel met seisoenale disse direk uit die tuin se oorvloed. 

Bespreek nou

Werkswinkels in Junie

“We look at the world once, in childhood.  
The rest is memory.”  
Louise Glück 

Ware woorde, maar tog kan nuwe plekke en ervarings ons oë op enige ouderdom oopmaak. As jy speel soos ’n kind, dan leer jy ook soos een en kan jy die wêreld opnuut met nuuskierigheid aanskou. 

So kom speel gerus saam. Leer ’n nuwe vaardigheid aan of verfyn ’n oue. Ons houtwerk-werkswinkels is ideaal vir Pa-plus-een om saam ’n melkstoeltjie te maak. Dis ’n unieke geleentheid vir samesyn, en boonop is daar ’n mooi stoeltjie om saam te neem huis toe.

Babylonstoren 

2 June – Natural soapmaking with our olive and essential oils 

3 June – The art of pressing and preserving olives

9 June – Break bread with our master baker

10 June – Winter gems: citrus in the garden 

11 June – Pasta from scratch 

17 June – Inside scoop: secrets to water buffalo mozzarella and gelato 

23 June – Broaden your gardening horizons with indigenous trees 

24 June – Compost 101: the art of cycling nutrients through your garden 

25 June – Indoor gardening: bringing succulents into your home 

30 June – Break bread with our master baker 

Soetmelksvlei

4 June – Pickle and preserve the season’s abundance 

5 June – Bake teatime treats with choux pastry and almonds 

6 June – Cape food: make traditional bobotie with seasonal chutney 

6 June – Blacksmithing: make your own braai fork 

12 June – Make butter and bake buttermilk scones 

13 June – Woodwork: make your own wooden milk stool 

14 June – Woodwork: make your own wooden milk stool 

18 June – Master meat: make boerewors and biltong 

19 June – Bake with citrus and spice 

21 June – Woodwork: make your own wooden milk stool 

26 June – Celebrate with chocolate and cake: bake your own treats 

27 June – Advanced leathercraft: make a leather handbag 

30 June – Hands-on kids: bake and ice your own farm animal biscuits 

Book a workshop